Ons #KortpadNoord manne sit nogsteeds in #Marsabit. Die #Chalbiwoestyn was genadeloos. Na ‘n onbeplande af dag is ons reg om te rol more oggend. Die mense by wie ons bly het mooi gesorg vir ons, baie gawe mense. Henry en sy seun Luke het sommer dadelik aan die werk gespring om vir Charlie ‘n nuwe bracket vir sy pannier te maak. Terwyl hulle in die werkswinkel besig was het ek en Heiner begin om die bikes deur te gaan. Ons het besef ons gaan nie vandag rol nie en het toe maar groot gegaan met die instandhouding. Bashplates het ‘n los bout of twee gehad, voorste modderskerms was los en dan die voorwiele se speke moes ons vastrek. Verder is die boute op die agterwiele, callipers voor en agter, die voorste as, ensovoorts weer getorque. Die speke het ons die langste besig gehou. Charlie is toe op ‘n kol hier weg dorp toe om ‘n vleisie te gaan koop wat ons gebraai het. So 17h00 het Luke ons kom haal met sy Landrover en vir ons die Gof Redo vulkaniese krater gaan wys. Ons dag het op ‘n hoë noot afgesluit. Die job loop mooi! Ons praat volgende keer vanuit #Ethiopie. Cheers, KORTPAD


