Dag almal, ons manne het vandag by Joost gaan kuier en ‘n paar fotos saam met hom geneem. Ons span almal saam om fondse in te samel vir die J9 Stigting. Agter die skerms is daar ‘n hele span wat hard werk om alles te reel, te koordineer en moontlik te maak. Heel aan die begin toe ons 4 klonge besluit het ons wil met ons bikes Kairo toe ry, het ons nie in ons wildse drome gedink ons gaan hande vat met die J9 Stigting nie. Na vandag verstaan ons almal baie beter wat die J9 Stigting doen en waarmee hulle besig is. J9 is met verskeie projekte besig. Glo my, hulle doen goeie werk. Joost het regtig ‘n passie om mense met MND te help. Hulle het ‘n groot landkaart teen een van die mure opgesit waarop al die begunstigdes van die J9 Stigting aangedui is. Elkeen met sy eie koppiespeld op die kaart gemerk. Elke begunstigde word as ‘n individu hanteer en daar word na verskeie behoeftes omgesien. Die begunstigdes is nie ‘n uitgesoekte groep nie, enige MND leier kan kontak maak met die J9 Stigting vir hulp. Ek gaan nie nou te veel daaroor se nie, ons sal eersdaags ‘n ordentlike media vrystelling publiseer in samewerking met J9, Africa Uncut en Lekker FM. Ons gaan julle meer vertel oor MND, waarvoor J9 staan, wat hulle planne vorentoe is en dan natuurlik ook ons trip “Kortpad Noord” na Kairo.
Ons praat weer voor.
“Kortpad”
