Ons se totsiens vir Renee

Wel Renetjie se tyd is om in Kenya. Na ‘n moerse lekker week saam met haar in Nairobi moes sy vanoggend wee terugvlieg Suid-Afrika toe. Ons het bikes lat diens, aan die bikes gewerk, olifante en kameelperde gaan uitcheck, die stad gaan beloer, trip gedoen innie skeurvallei in, ek het haar na klomp local plekke uitgevat vir ete en die locals laat ervaar, daar waar geen toeris uitkom nie. Kortom gesê deur Kortpad, dit was ‘n vet jol en lekker ervaring. Ek sit nou hier oppie stoep by Jungle Junction en suig aan ‘n coke, hoor die stad se geruis ver innie agtergrond, 12h20 nou hier, ons is mos ‘n uur voor SA nou. Ek sit en dink, sou die ekspedisie so lekker avontuur gewees het indien ons die trip met iets anders as bikes aangepak het? Die 4 x 4 manne moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is self ‘n kranige 4x4er. Ek verlang nogal na my longrange tank en 80L watertenk wat ek op my 4×4 het. Klomp luxurious wat ons nie nou het nie. Op die Kortpad Noord trip moet ons mooi besin anders gat ons short kom. Ek sou sê ons trip begin nou hier noord van Nairobi af wild raak. Klink my water en petrol gaan ons grootste bekommernis wees. Ons beplan om more deur die loop van die oggend uit te rol na Archers Post. Die ander manne het laatmiddag geland hier in Nairobi met ons nodige docs. Ons gaan probeer om julle lekkerrrr mense op hoogte te hou, weet nie hoe gaan die opvangs wesie. Manouja, dit raak nou laat hieso, ek gat nou slaap. Ons praat weer voor. Cheers, KORTPAD